A.o. Anneline Fielies, wat al 20 jaar in die polisie werk en die sektorbevelvoerder van nege woonbuurte op Worcester is, is Dinsdag omstreeks 14:50 op ’n besige deel van Worcester voorgekeer: Sy moes dringend help, want ’n vrou het langs 'n besige pad onder ’n boom in kraam gegaan.
Dié 20-jarige vrou en haar kêrel was meer as 2 km van die Worcester-daghospitaal af toe sy voel die baba is op pad.
“Haar kêrel het toe al ’n paar mense probeer voorkeer,” vertel Anneline met Huisgenoot se besoek aan die polisiekantoor.