Haar ma, Amy Dutton (33), het letterlik haar lewe met drukkies gered. Toe Elsie in Desember 2021 op 23 weke in Brittanje gebore is, was sy weliswaar onder die wettige tydperk waar fetusse nog geaborteer kan word.
Sy het ’n tweelingsussie, Dotty, met geboorte gehad, maar Amy het in kraam gegaan nadat sy vir ’n operasie was om die twee sussies te skei. Dotty het nié die operasie oorleef nie.
Groot was die vrees dat Elsie ook sou sterf nadat medici die gesin gewaarsku het dat Elsie nie sal oorleef nie.