Sy wou nie ’n verhouding aanknoop nie, toe vermink hy haar met suur

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Turkse man, Mehmet Yildiz (30), wou nie aanvaar dat die pragtige Yasemin Uzuncelebi (42) nie ’n verhouding met hom wil aanknoop nie. Toe vermink hy haar gesig.
Yasemin Uzuncelebi, (42) veg steeds om haar lewe i
Yasemin Uzuncelebi (42) veg steeds om haar lewe in die hospitaal. Foto: Newsflash/magazinefeatures.co.za

Volgens die staatsaanklaer het Mehmet beweer hy is tot oor sy ore verlief op die pragtige ouer vrou en dat hy nie kon aanvaar dat sy niks met hom te doene wou hê nie.

Yasemin voor die aanval op haar. Foto: Newsflash/m
Yasemin voor die aanval op haar. Foto: Newsflash/magazinefeatures.co.za

Nadat sy hom weer ’n keer verwerp het, het hy gewag tot waar sy die ligte in haar huis afgesit het, waarna hy ingebreek het. Die bebrilde Mehmet het die trappe opgesluip en sy eie vleisvretende suur-konkoksie op die slapende Yasemin se gesig gegooi.

Mehmet Yildiz (30). Foto: Newsflash/magazinefeatur
Mehmet Yildiz (30). Foto: Newsflash/magazinefeatures.co.za

Die suur het haar van pyn laat gil. Bure wat nader gestorm het om te help, was geskok om te sien dat die tuisgemaakte konkoksie haar vlees tot op die been weggebrand het. Sy het ook haar sig in die aanval verloor en verskeie ander brandwonde vanweë die suur op haar lyf opgedoen.

Speurders het kort ná die voorval beeldmateriaal van ’n geslote kringtelevisiestel in die hande gekry waarop hulle gesien het hoe Mehmet by Yasemin se huis uithardloop nadat hy die suur oor haar uitgegooi het.

Hulle het van die materiaal met die plaaslike media gedeel en spanne van die Avcilar-polisie het hom eindelik vasgetrek en in hegtenis geneem.

Mehmet Yildiz (30) kan tot 20 jaar gevangenisstraf
Mehmet Yildiz (30) kan tot 20 jaar gevangenisstraf opgelê word vir die suuraanval op Yasemin Uzuncelebi. Foto: Newsflash/magazinefeatures.co.za

Tot op datum is dit onseker wat Mehmet alles bymekaar gegooi het om die afskuwelike reaksie te bewerkstellig. Selfs verskeie dokters sê hulle het nog nooit vantevore sulke ingrypende beserings gesien waar die vlees geheel en al deur suur verteer is nie. Alhoewel Mehmet tot nou toe nog nie bekend gemaak het wat hy alles bymekaar gevoeg het nie, het hy wel erken dat hy verskeie soorte vloeistowwe gemeng het.

Yasemin Uzuncelebi, (42) veg steeds om haar lewe i
Yasemin Uzuncelebi (42) veg steeds om haar lewe in die hospitaal. Foto: Newsflash/magazinefeatures.co.za

Die voorval het reeds in Oktober verlede jaar in Avcilar, Istanboel, plaasgevind. Maar die ondersoek is onlangs eers afgehandel. Die staatsaanklaer eis ’n vonnis van tot 20 jaar op aanklag van poging tot moord. Die hof het dit so aanvaar en Mehmet se verhoor sal binnekort voortgaan.

  • Yasemin is ná maande steeds in die intensiewesorgeenheid waar sy om haar lewe veg.
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

19 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees