Rumeysa Gelgi (24) van Turkye, wat 2,15 m lank is, is onlangs as die langste vrou ter wêreld aangewys, en sy gee glad nie om dat sy só uitstaan nie.
“Haar ontembare gees en trots om in die skare uit te staan, is ’n inspirasie,” sê Craig Glenday, die redakteur van Guinness World Records.
“Die kategorie 'langste lewende vrou' is nie een wat dikwels van hande verwissel nie; daarom is ek opgewonde om die nuus met die wêreld te deel.”
ICYMI: Rumeysa Gelgi was confirmed as the world's tallest woman at just over 7 feet ??
— Guinness World Records (@GWR) October 14, 2021
En dis nie net Craig wat opgewonde is nie; Rumeysa en haar gesin is ook in die wolke oor die nuus.
“My gesin en die mense om my is baie ondersteunend,” sê Rumeysa. “Hulle is baie opgewonde en baie bly.”
Die 24-jarige se buitengewone lengte is aan die uiters seldsame toestand Weaver-sindroom te wyte. Dié toestand begin reeds voor geboorte en dit veroorsaak dat iemand baie vinnig groei, volgens die nasionale organisasie vir seldsame siektes.
Rumeysa is ook met skoliose (ruggraatverkromming) gebore.
En hoewel Rumeysa die rekordboeke herskryf, is dit nie die eerste keer dat sy ’n rekord aanteken nie . . .
In 2014, toe sy 18 jaar oud en 2,13 m lank was, is sy as langste tienermeisie ter wêreld aangewys.
Sy was as tiener reeds in haar noppies en wou toe al graag die rekord as langste volwasse vrou hê.
Rumeysa Gelgi stands at 7 feet tall and 0.7 inches and has once again broken a Guinness World Record, this time for the tallest living woman.https://t.co/cOteP3EFbm
— USA TODAY (@USATODAY) October 13, 2021
“Dit is een van my grootste drome dat hierdie rekord aan my toegeken word,” het sy destyds gesê. “Dit is wonderlik om ’n rekordhouer te wees. Ek weet net spesiale mense behaal dit, en ek weet ek is nou een van hulle.”
Rumeysa gebruik haar platform om bewustheid te skep en mense oor haar seldsame siekte in te lig.
Turkish woman who is over 7ft named #tallest in world | Play Stuff Officially amazing #RumeysaGelgi, who stands at 7ft 0.7in (215.16cm), named the tallest woman alive by Guinness World Records.#rumeysagelgi pic.twitter.com/BHn4gnscxP
— Prerna Kaushik ???? (@prernakaushik27) October 14, 2021
“Elke nadeel kan in ’n voordeel omskep word. Aanvaar dus jouself vir wie jy is, wees bewus daarvan dat jy potensiaal het en doen jou bes,” sê sy.
Omdat Rumeysa so lank is, moet sy ’n rolstoel gebruik om rond te beweeg. Wanneer sy wel opstaan en ’n paar treë gee, moet sy ’n loopraam gebruik.
Rumeysa vertel sy word af en toe geboelie en kry “vreemde kyke”, maar sy weier dat dít haar definieer.
“Ek hou daarvan om anders as almal te wees. Dit is interessant en laat my spesiaal voel. Dit gee my ook maklike toegang tot hoë plekke, en dit is ook nie ’n slegte ding om vanuit ’n hoogte na mense te kyk nie,” sê sy.
Rumeysa Gelgi has been confirmed as the world's tallest living woman.
— Middle East Eye (@MiddleEastEye) October 16, 2021
The Turkish woman stands at two meters 15 centimetres tall and was diagnosed with a rare genetic disease that causes rapid growth. pic.twitter.com/IQYeGg6pU5
Ondanks die struikelblokke in haar pad probeer Rumeysa voluit leef.
Sy geniet dit om te gaan swem en ’n heerlike maaltyd saam met haar gesin te eet.
En glo dit of nie, maar dis nie net die langste vrou ter wêreld wat van Turkye af kom nie . . . Die langste man ter wêreld is ook van dié land!
Sultan Kösen (39) is 2,43 m lank, en hy hou ook die rekord vir die grootste hande wat elk 28,5 cm lank is.
“Ek het my nooit voorgestel ek sou in die boek wees nie. Ek het daarvan gedroom, maar dit was steeds ’n groot verrassing,” sê hy oor die rekord.
Bronne: National Organisation for Rare Disorders, Guinness World Records, CNN, Huffington Post
Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!