book-icon Uitgawe 18 Augustus 2022

Reeds ryker as die koningin: Word sy dalk ook die Britte se premiersvrou?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Rishi Sunak en Akshata Murthy is een van die glansrykste pare in Britse politiek, maar gaan hul ryk­dom dalk teen hom tel? Foto: Gallo Images/Getty Images.
Rishi Sunak en Akshata Murthy is een van die glansrykste pare in Britse politiek, maar gaan hul ryk­dom dalk teen hom tel? Foto: Gallo Images/Getty Images.

Dit was asof sy met dié uitrusting ’n boodskap wou stuur: Moenie dink net omdat ons superryk is, het ons nie begrip vir gewone burgers se swaarkry nie.

Toe Akshata Murthy einde verlede maand aan haar man, Ri­shi Sunak (42), se sy verskyn om steun te werf vir sy veldtog om Britse premier te word, het sy ’n relatief beskeie rok van Club Monaco gedra. Ja, dié geblomde rok in “Tory-blou” kos dalk steeds meer as R3 000, maar dis heelwat goedkoper as van die uitrustings waarin sy al voorheen gewaar is – soos die leerjas en -romp en Gucci-tekkies van altesaam £3 075 (sowat R63 000) waarin sy verlede jaar saam met Rishi in Londen se welgestelde May­fair-­gebied gepryk het. 

Maar nou is hy nie meer “net” finansiesminister soos voor sy onlangse bedanking uit Boris Johnson se kabinet nie. Rishi spook sake uit teen Liz Truss (47) voor die wêreld op 5 September sal weet watter een van die twee die nuwe Britse leier word.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

6 Oktober 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in