Elna Erasmus, Elné se ma, vertel haar dogter sou na verwagting vandeesweek met veloorplantings aan haar regterkant begin het, maar dit moes vir eers op ys gesit word.
“Elné verlang vreeslik Bosveld toe. Sy is nou al drie weke in die hospitaal en nou lyk dit soos nog twee of drie weke."
Elna vertel haar dogter was Maandag baie hartseer daaroor. Sy het gehoop hulle sou nou al met die veloorplantings kon begin.