“Ek was mos ’n filmster, nè? Maar kyk hier, ek sit met niks nie. Ek het nie eens ’n huis nie – ek bly by my ma,” vertel Leonora vandag aan Huisgenoot.
Leonora het in 1989 haar verskyning in The Gods Must be Crazy II gemaak – ’n komiese fliek wat in Suid-Afrika en Botswana afspeel en wêreldwyd opslae gemaak het.
Sy het die rol van Airos vertolk. Sy onthou hoe die rolprentspan destyds haar skool kom besoek het – hulle was op soek na jong akteurs.