Dokters het aanvanklik geglo dat Maddison Porter (14), wat in Cleveleys, Engeland, woon, aan anoreksie ly toe hulle opmerk sy het baie gewig verloor. Boonop het haar hart net 31 keer per minuut geklop en sy het twee keer by die skool flou geword.
Hoewel Maddison se gewig tot omtrent 38 kg gedaal het, was haar ma, Lucy (37), skepties oor dié diagnose omdat sy gesien het hoe gereeld haar tiener eet. Lucy, ’n verpleegster, en haar man, Mark (39), ’n arbeidsterapeut wat vir die Engelse gesondheidsdiens werk, het albei om meer toetse gepleit, wat eindelik tot die regte diagnose gelei het; Maddison ly aan ’n seldsame soort slaapsiekte wat virus-ensefalitis genoem word.
Simptome van dié virussiekte is hoë koors, kopseer en dubbelvisie en lyers toon gewoonlik ’n vertraagde fisieke en geestelike respons, wat dikwels veroorsaak dat mense soos Maddison ure lank kan slaap en selfs in uiterse gevalle in ’n koma kan verval.