Irina Rybnikova, die meisie met drome om eendag ’n wêreldkampioen in die gevegskuns te word, het Saterdag in haar huis in Bratsk, Rusland, gesterf.
Twee maande voor die tragedie het sy die Russiese kampioenskap in pankratium ('n antieke Griekse weergawe van boks en stoei sonder enige reëls) verower en is sy tot haar land se nasionale span verkies. Sy is die vegter in rooi.
Haar verpletterde suster, Tatiana (24), het gesê Irina was haar dogtertjie se peetma en die kleinding was glo gek oor haar ‘Nanny’, soos sy vir Irina genoem het.