Toeka en nou: So lyk die Dirty Dancing-akteurs 30 jaar later

akkreditasie
Veral een toneel sal die meeste Dirty Dancing-aanhangers nooit vergeet nie: Baby spring in Johnny se arms en hy lig haar in die lug op terwyl The Time of My Life op die agtergrond speel. Kan jy glo dis 30 jaar sedert die ontluikingsfliek uitgereik is?

Toe die klassieke fliek in 1987 bekendgestel is, is voorspel dit sou misluk, want die rolverdeling was taamlik onbekend en die begroting klein. Maar teen alle verwagting in was dit ’n treffer by die loket en in die popkultuur. 

Die ikoniese rolprent is gegrond op die jeug-ervarings van Eleanor Bergstein, wat die draaiboek geskryf het. Sy hoop om Baby en Johnny binnekort weer in die teater te hê deur ’n opvolg bekend te stel. 

“Ek het altyd gedink hulle het ’n toekoms. Ek was net nie reg om daarheen terug te keer nie,” het Eleanor aan E! Online gesê. “Nou dink ek ek is gereed.”

Die trefferfliek het van Patrick Swayze (Johnny) en Jennifer Grey (Baby) Hollywood-adel gemaak.

In 2008 is pankreaskanker by Patrick gediagnoseer is. Hy het aanhou werk terwyl hy teen die siekte gestry het, maar is in 2009 oorlede.

Jennifer (57) is te sien in ’n hoofrol in Amazon Studios se sitkom Red Oaks. Sy het ook seisoen 11 van Dancing with the Stars saam met haar dansmaat, Derek Hough, gewen.  

Vroeg in 2017 is probeer om die fliek te herskep, maar nadat dit in Mei 2017 op die Amerikaanse kanaal ABC uitgesaai is, het dit meestal swak resensies gekry. 

Kyk hier na die lokprent:

Hier is ’n kykie na die 1987-rolverdeling toe en nou:

Klik op die wit pyltjie om die verskillende weergawes te sien

Jennifer Grey( Baby Houseman)

Foto: Getty Images
Foto: Getty Images

Cynthia Rhodes( Penny Johnson )

Foto: Magazine Features
Foto: Getty Images

Jerry Orbach ( Dr Jack Houseman )

Foto's: Getty Images

Jack Weston (Max Kellerman)

Jack Weston is in 1996 oorlede. Foto: Magazine Features

Bronne: businessinsider.com, vox.com, hollywoodreporter.com

Jongste uitgawe

30 Junie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees