Appollis (41) word daarvan aangekla dat hy sy goeie vriend en kollega, sers. David Hoffman (40), op 24 Augustus vanjaar by 'n braai in Franschhoek doodgeskiet het.
Appollis se prokureur, Sakkie Krouwkamp, kon nie die hofverskyning meemaak nie en foto’s van die moordtoneel, sowel as ballistiese toetse is nog uitstaande.
Die saak is tot 11 November uitgestel.