Trane van blydskap toe Jack Russell ná 7 jaar met haar gesin herenig word

akkreditasie
Foto's: Verskaf
Foto's: Verskaf

Niemand sal ooit regtig weet wat die dapper Jack Russell-tefie alles moes deurmaak in die sewe jaar nadat sy vermis geraak het nie, maar sy’s nou terug by haar Naude-gesin van Somerset-Wes en haal daagliks in wat liefde en aandag betref. 

Michelle Barnard van Kaapstad se Rescue is Life vertel aan Huisgenoot hoe sy ’n paar weke gelede ’n oproep van Junaid Hoosen van Cape Guardian Animal Rescue ontvang het. “Hy het ’n klein senior Jack Russell aangetref waar kinders haar met klippe gooi . . .” Toe Junaid hom nader haas, “het hulle haar oor ’n muur gegooi saam met ’n pitbull en weggehardloop. Junaid het die hondjie vinnig na veiligheid gebring en rondgevra oor ’n eienaar.

“Niemand het geweet wie se hond sy was nie, maar die mense in die omtrek het haar altyd vir kos sien rondsnuffel. So is Junaid toe met haar vort en het hy ons gekontak om vir haar ’n heenkome te help kry.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

8 Desember 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees