Wat veronderstel was om die viering van haar tweede boek te wees, het in trauma en woede ontaard nadat ’n skrywer en haar man Sondagnag in Centurion aangerand en beroof is.
Yolanda Barnard-Lemmer (43), skrywer van Die Siener: Deur die oë van Gerald Burger, vertel sy en haar man, Rigard (50), het saam met vriende die bekendstelling van haar jongste boek gevier toe hulle voor ’n bekende nagklub in dié stad oorval is.
Hulle was vroeër by Willie Strauss se Sinkhuisie in Cullinan vir die boekbekendstelling. Toe is hulle Centurion toe.