Twee beseer in transito-rooftog buite Sasolburg

akkreditasie
Foto: ER24
Foto: ER24
Twee sekerheidsbeamptes is Saterdagmiddag beseer toe hulle in hul G4S-voertuig, wat op pad was van Heilbron na Vanderbijlpark, aangeval is.

“Die voertuig het die pad verlaat en omgeslaan”, het Kaptein S'fiso Nyakane aan News24 gesê.

’n Mercedes Benz C-klas, a silwergrys Volkswagen Golf 7 en ’n wit Audi A4 is in die rooftog gebruik. 

Volgens Kapt. Nyakane het daar ’n skietery plaasgevind  sowat ’n kilometer vanaf die ongelukstoneel en het die kapers plofstof gebruik om toegang tot die kluis te verkry. 

“Hulle het gevlug met ’n onbekende bedrag geld.”

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. 

Volgens ER24 is die twee beseerdes in die voertuig nie raakgeskiet nie, maar hulle het wel beserings in die ongeluk opgedoen.  

 Die een passasier is uit die voertuig geslinger en moes later met ’n noodhelikopter na die naaste hospitaal geneem word. 

Die brandeweer moes help om die ander passasier uit die voertuig te bevry. Hy is op die toneel behandel vir verskeie beserings. 

Die ondersoek duur voort. 

Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees