Borge het een na die ander laat spaander en die publiek in twee duidelike groepe verdeel: dié wat onwrikbaar in sy onskuld glo en dié wat oortuig is daarvan hy het die sneller doelbewus getrek en so ’n einde aan Reeva se jong lewe vol belofte gemaak het.
Die vorige keer toe ’n atleet soveel opspraak gewek het ná ’n moord, was toe die Amerikaanse voetbalster en akteur OJ Simpson in 1994 aangekla is van die moord op sy eksvrou en ’n vriend. Dis egter nie net daar waar die ooreenkomste ophou nie... Ons het dié artikel, 'n skamele jaar nadat die tragedie plaasgevind het, gaan opdiep:
Dis ’n jaar vandat hy sy modelmeisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag verlede jaar doodgeskiet het en die hofsaak begin eersdaags. Maar Oscar Pistorius huil nou nog oor haar, onthul ’n kennis van dié Paralimpiese blits.