Wat 'n luilekker uitstappie met 'n skeut adrenalien na die Spaanse Malgrats-eiland moes gewees het vir Mourad Lamrabatte (31) en sy gesin, het laasweek tragies geëindig.
Die geesdriftige sportman, 'n voormalige Nederlandse klubsokkerspeler en later skopbokser, het die waagtoertjie ten aanskoue van sy vrou en twee kinders in 'n boot op die see onder hom uitgevoer.
Volgens plaaslike mediaberigte het sy vrou 'n video daarvan geneem wat hy op 'n stromingskanaal op die internet wou plaas. Min het sy geweet dit sou sy laaste oomblikke wees.