Gedink verlede jaar was vol politieke drama, ekonomiese kopsere en klimaatsvrese? Maak jou sitplekgordel vas, want 2020 sal waarskynlik ook ’n wipwarit wees. Die nuwe jaar hou groot uitdagings in, voorspel die kenners.
Dít is wat vanjaar in die wêreldnuus en plaaslik voorlê.
Kort voor ons saktyd is pres. Donald Trump in 'n staat van beskuldiging geplaas deur die Amerikaanse huis van verteenwoordigers, maar kenners voorspel die senaat sal hom onskuldig vind.