As jy iemand oor hul naweekplanne vra, is die kans goed dat dit die een of ander vorm van sport sal insluit: ’n stappie om die blok, gholf, of sommer net ’n afspraak met die rusbank en ’n rugbywedstryd op televisie.
Maar hoeveel van ons het al van klapgevegte, ekstreme strykwerk, eenwielfietspolo, vuurbalsokker en mededingende slaap gehoor?
Ja, dit word in sommige kringe óók as sport beskou.