Toe hy as tiener roomys aan vakansiegangers begin verkoop het, het Sisipho Hamlomo net een doel gehad: om genoeg geld te verdien sodat hy skoolklere daarmee kon koop.
Hy wou net deur gr. 12 kom en het glad nie verder as dit gedink nie, vertel hy vandag. “Aan universiteit toe gaan het ek nie eens gedink nie. Ek het net daarop gefokus om matriek klaar te maak.”
Maar nou, 12 jaar later, het Sisipho (27) sy eie verwagtinge so ordentlik oortref dat daardie 15-jarige se mikpunte baie ver weg voel.