Die slang se gif het die skoolseuntjie van Ga-Mphahlele in Limpopo destyds verblind en hy het gedink sy lewe is verby. Maar teen alle verwagting in is die 19-jarige Lethabo nou een van die 20 topmatrieks van 2021 en is hy op pad universiteit toe.
My skoolhoof, Maggie Molepo, het my met die nuus van my uitslae gebel. Ek was opgewonde, en terselfdertyd was dit ongelooflik. Ek het geweet ek het baie hard gewerk, maar dit het gevoel of ek droom.