Verloof by begrafnis: Man vra ja-woord aan huilende meisie by pa se begrafnis

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Man wat die ja-woord by sy meisie se pa se begrafnis gevra het, loop omtrent deur in die sosiale media.
Man vra vrou om te trou.
Foto: @m.mojela/CEN/Magazinefeatures.co.za

Talle van die 80 000 wat dié verloofvideo gekyk het, was verstom dat hy die begrafnis in Limpopo só gekaap het. Sommige het selfs opgemerk hy was die pastoor wat die diens behartig het. 

’n Video van die vreemde voorval is op Instagram deur die groep ZimCelebs gedeel met die boodskap: “Dames, sal julle ’n huweliksaansoek by jou pa se begrafnis aanvaar? Dis ’n eerste in Afrika.” 

In die video huil die oorledene se dogter in die voorste ry met die doodskis net ’n paar tree weg. ’n Man met ’n mikrofoon sak dan op sy knieë af voor haar en begin praat met haar voor hy ’n ring aan haar vinger glip.

Van die gemeentelede wat met skok uitroep toe hy die groot vraag vra, kan gehoor word. Luidens berigte het die man God bedank dat hy in so ’n moeilike tyd in sy meisie se lewe is.

Hy het ook gesê hy sal haar troos terwyl sy haar pa se dood verwerk. 

Die huweliksaansoek het talle sosiale media gebruikers geskok. 

“Ek dink dis disrespekvol,” het die Instagram-gebruiker Engineer_shantel gesê. Nog ’n sosiale media gebruiker, Dilackot, het gesê: “Hy’s te dramaties. Aandagsoeker.” 

Kahn_24.07 het opgemerk “dis so verkeerd!” maar Tyra_audrie het geskryf: “Dalk wou hy hê die pa moes deel daarvan wees.”

  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by Huisgenoot se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”.   
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!  


Jongste uitgawe

30 Junie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees