“Ons is stukkend. Ons was positief gewees ons sal hom kry en dat hy oukei sal wees,” sê Mark Rodda, John se seun.
John (82) het op 8 Mei verdwyn toe hy met sy wit Nissan Tiidda by die Wilgers-aftreeoord in die ooste van Pretoria uitgery het.
Hy was veronderstel om na die apteek te gaan om vir sy vrou, Rosemary, medikasie te gaan koop. Hy het egter nooit by die apteek uitgekom nie en het spoorloos verdwyn.