Net meer as drie maande ná die opspraakwekkende moord op die Amanzimtoti-leraar Liezel de Jager (38) is daar nog geen aanduiding of die polisie al enigsins nader is daaraan om ’n verdagte in hegtenis te neem nie.
Die KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, lt. kol. Nqobile Gwala, herhaal al maande lank dieselfde antwoord wanneer Huisgenoot navraag doen oor hoe hul ondersoek vorder: “Die saak word steeds ondersoek, en ons kan in dié stadium nie enige verdere besonderhede rakende die ondersoek bekend maak nie”.
Liezel se man, Werner, is volgens ’n kennis in Desember verlede jaar uit die hospitaal ontslaan nadat hy weke lank daar behandeling ontvang het.