Babelse verwarring heers oor die gevonniste moordenaar Oscar Pistorius se parool.
Dít terwyl hy al meer as drie maande wag om sy vermoorde meisie, Reeva Steenkamp, se ouers, June en Barry, vir 'n gesprek te ontmoet.
Pistorius is in November verlede jaar van die Atteridgeville-gevangenis in Pretoria na die St. Albans-gevangenis in Gqeberha oorgeplaas om die slagoffer-oortreder-gesprek met die Steenkamps in hul tuisstad te voer.