Marietjie (34) is aanvanklik van aanranding sonder die doel om te vermoor aangekla nadat haar 17-jarige stiefdogter, Mundolene, in Oktober 2016 tydens 'n onderonsie tussen hulle twee gesterf het. Dit het op die eerste dag van wat ’n idilliese vakansie in Mauritius moes wees, gebeur.
Woensdag is die oorspronklike klag verander na 'n mindere klag van aanranding.
Die Le Defi Media Group, 'n Mauritius-gebaseerde mediahuis, het die onderhoud met Marietjie opgeneem.