Brett Thompson en Tasneem Karodia het in 2020 die maatskappy Mzansi Meat Co. gestig, en dié maatskappy kweek vleis deur diere se stamselle te gebruik en dit in ’n spesiale oplossing te ontwikkel.
Ná twee jaar se navorsing saam met ’n span voedselwetenskaplikes, gaan hulle nou die eerste vleis “maak”, en eerste op die vleislys is ’n hamburgerpattie wat hoofsaaklik van beesvleisstamselle gekweek is.
“Ons het nog nie ’n vaste datum nie, maar ons wil graag iewers volgende maand die burgerpattie van stapel stuur. Die pattie word hoofsaaklik uit beesvleis gemaak, maar daar is ook plantproteïne en sampioene in,” sê Brett, wat ook die hoof- uitvoerende beampte van Mzansi Meat Co. is.