Terwyl talle mense steeds op antwoorde wag oor wat werklik daardie nag gebeur het toe Ettienne se vrou, Heidi (35), en hul twee kinders, Cozette (6) en Hugo (2) vroeg die aand van 22 Oktober 2019 oor die Voëlklip-uitkykpunt buite Heroldsbaai gestort het, word daar nou weer gegis.
Dié keer nie net oor die nuwe donkerkop aan sy sy nie, maar ook oor die verkoop van sy en Heidi se kafee terwyl Heidi se boedel te midde van die ondersoek gevries en steeds nie afgehandel is nie.
Niemand het gesien toe die ma en kinders se grys Volkswagen Caravelle by die afgrond aftuimel en in die see stort nie.