Dis moeilik om te glo dat Adam en Eva deur ’n addergebroedsel verlei is, maar vir ’n ma en dogter van Villieria in Pretoria is slang se kind wel . . . soos kinders vir hulle.
“Ons hou eintlik meer van slange as wat ons van mense hou,” verklaar Chantelle Gebhart (25), terwyl ’n reuseluislang om haar skouers en nek krul.
Dié beeld herinner mens aan Glenda Kemp, die wulpse slangdanser, wat destyds in die 1970's opslae gemaak het met haar geliefde luislang Oupa.