Vriendin ná Pretoria-man verdrink: ‘Ons kuier moes nie só geëindig het nie’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Renier du Plessis (48) van Kameeldrift, Pretoria het Saterdag 4 Desember verdrink nadat sy voertuig van 'n laewaterbrug in die Roodeplaat-gebied meegesleur is. Foto: Verskaf
Renier du Plessis (48) van Kameeldrift, Pretoria het Saterdag 4 Desember verdrink nadat sy voertuig van 'n laewaterbrug in die Roodeplaat-gebied meegesleur is. Foto: Verskaf

Alicia Viljoen, ’n jarelange vriendin, vertel Renier het die dag voor die tragedie by haar en haar man, Clive, in Montanapark, in die noorde van Pretoria, gaan kuier.

“Ons het Renier en sy verloofde, Nikolien, genooi vir ’n braai, maar Nikolien het gesê sy gaan nie die dag saam kom nie, want sy het ’n bietjie olik gevoel. Ons het gesê hy is steeds welkom om alleen te kom braai.”

Nikolien Gouws (44), Renier se verloofde, het toe tuis agtergebly. Alicia vertel die paartjie woon op ’n wildplaas in ’n natuurreservaat, nagenoeg 25 km van hulle.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

3 Februarie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees