Nadat Bao Zhuzi (32) se mees onlangse kêrel haar gelos het, het sy besluit nou gaan sy haar net so wyd moontlik gooi. Die gevolg is dat sy dalk die mees bedrywige mansoeker in China geword het – sy gaan op tot drie afsprake per dag om die regte man te probeer vind.
Sy sê sedert haar laaste verhouding was sy letterlik al met honderde mans uit.
“Nadat ek myself twee weke lank jammer gekry het, het ek besluit om die bul by die horings te pak. En sedertdien het ek met honderde mans uitgegaan.“Elkeen verwerk die einde van ’n verhouding anders. Party mense gaan doen inkopies, party vaar die gim in. Ek gaan met mans uit.”