Vrou gaan swanger by tonnel in en kom met baba uit

akkreditasie
’n Turkse vrou het die Eurasia-tonnel in Istanboel swanger binnegegaan, die lewe geskenk en met haar pasgebore seun in haar arms aan die anderkant uitgekom.
Seda het die tonnel swanger binnegegaan en het met
Seda het die tonnel swanger binnegegaan en het met haar baba in haar arms aan die anderkant uitgekom. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die laerskoolonderwyseres van Istanboel het in die Eurasia-tonnel, wat die Europese deel van die stad met die Asiatiese deel verbind, die lewe geskenk.

Seda Giray (37) het verlede maand by haar huis in die Kartaldistrik begin kraampyne kry. Haar man van die afgelope ses jaar, Denis Girav (38) het haar in die motor gehelp en hospitaal toe gejaag.

Op pad hospitaal toe moet hulle deur die Eurasia-tonnel van 5,4 km ry.

Maar toe hulle by die tonnel kom, het Seda se kontraksies ál meer en ál vinniger op mekaar gekom.

Die onderwyseres met haar pasgebore baba.
Die onderwyseres met haar pasgebore baba. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

“My man het die beste vir ons gedoen wat hy kon, maar my seun wou nie wag nie en ek moes self vroedvrou speel. Toe ek besef ek gaan die lewe skenk, het ek ’n posisie in die passasiersitplek ingeneem en ek kon sien die baba kom," vertel Seda.

“Danksy my seun was die geboorte baie kalm en maklik. Ek was swanger toe ek by die Eurasia-tonnel in is, maar teen die tyd dat ek by die ander kant uitgekom het, was my seun in my arms.

“Ek dink ons seun is die eerste baba wat in die Eurasia-tonnel gebore is.

“Vir ons was dit ’n mengsel van verrassing, geluk en opwinding."

Seda en haar spruit kry mediese sorg ná die geboor
Seda en haar spruit kry mediese sorg ná die geboorte. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Toe hulle by die hospitaal aankom, het ’n verpleegster by die motor ingeklim en die naelstring geknip voor sy die pasgebore baba – wat Devin Ege genoem is – ondersoek het.

Klein Devin is aangekondig as die eerste baba wat in die Eurasia-tonnel gebore is.

Die gesin kon op 25 Maart huis toe gaan en het weer deur die tonnel gery en die plek van hul seun se geboorte herbesoek.

Seda en Deniz met hul pasgebore baba.
Seda en Deniz met hul pasgebore baba. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Deniz, 'n elektroniese ingenieur, sê hulle was maar paniekerig toe klein Devin sy verskyning maak.

Seda en Deniz voor die geboorte van hul babaseuntj
Seda en Deniz voor die geboorte van hul babaseuntjie. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

 Weens al die opwinding en drama kon hy nie die presiese oomblik van die geboorte afneem nie.

“Ek kon sowat 10 minute verfilm nadat ons by die tonnel uitgegaan het. Ons het hom toegedraai en toe kon ons hom afneem." 

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees