Vrou kry vergoeding ná kollega haar stywe drukkie gee wat tot gebreekte ribbes lei

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Vrou in die Hunan-distrik van China het onlangs skadevergoeding gekry nadat een van haar kollegas haar ’n stywe drukkie gegee het wat haar ribbes gekraak het.
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die onbekende vrou was in Mei 2021 besig om met ’n ander kollega te gesels, toe die manlike kollega haar ’n drukkie kom gee het. Dit was glo so hard dat sy geskree het van die pyn. Hoewel sy in ongemak verkeer het, het sy verkies om eers huis toe te gaan en in die bed te klim eerder as om dokter toe te gaan. 

By die huis het sy warm olie aan haar bors gesmeer om met die pyn te help. Eers vyf dae ná die voorval is sy eindelik hospitaal toe omdat die pyn in haar bors ondraaglik begin raak het.

X-strale het gewys dat sy drie gebreekte ribbes gehad het, twee aan die regterkant en een aan haar linkerkant. As gevolg van die gebeure, moes sy onbetaalde verlof neem. Dit het daartoe gelei dat sy nie haar mediese rekeninge kon betaal nie.

Die hof het in die vrou se guns beslis en aan haar vergoeding van 10 000 joean (R24 232) toegeken. Die manlike kollega hou egter steeds vol dat daar geen bewyse is dat dit wel sy drukkie was wat haar ribbes gebreek het nie. Bemiddeling tussen die twee partye het nie uitgewerk nie, en die vrou het haarself daarna na die hof gewend.

Die hof het op sy beurt beslis dat daar geen bewyse is dat die vrou enige ander aktiwiteite in die vyf dae ná die voorval gedoen het wat andersins tot haar beserings kon lei nie. Daarby het ander kollegas van die twee ook getuig dat hulle die vrou se reaksie op die pynlike drukkie gehoor het.

Bronne: odditycentral.com, iol.co.za, propakistani.pk

  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot’ se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”. 
Teken in op ons nuusbriewe
Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in

Jongste uitgawe

6 Oktober 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in