Vir die Amerikaner Leanne Bell (37) is dít haar werklikheid nadat sy ’n dekade gelede uitgevind het sy ly aan ’n seldsame siekte wat veroorsaak dat sy twee baarmoeders het.
Nie net ervaar sy twee keer in een siklus menstruasiepyne nie, haar seldsame toestand bemoeilik ook haar liefdeslewe – veral noudat sy haar siekte gebruik om ander wêreldwyd daaroor in te lig.
Leanne, wat 26 jaar oud was toe haar toestand by haar gediagnoseer is, is gebore met dubbele baarmoeders – ’n siekte wat voorkom wanneer twee baarmoeders tydens ’n babadogtertjie se ontwikkeling in haar ma se baarmoeder groei – en sy moes die legio komplikasies oorkom wat daarmee gepaardgaan.