Vrou na hospitaal gehaas nadat geluide vanuit haar kis gehoor is op haar begrafnis

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Vrou wat skynbaar dood was, het haar familielede geskok toe sy aan haar doodskis gekap het toe hulle op die punt was om haar te begrawe.

Rosa Isabel Cespedes Callaca van Peru is ná ’n motorongeluk dood verklaar. Haar drie neefs – wat saamgereis het – is nog in ’n kritieke toestand in die hospitaal en die ongeluk het haar swaer se lewe geëis.

Familielede het haar kis op 26 April deur die begraafplaas gedra toe hulle geluide binne-in hoor.

Hulle het die kis oopgemaak en gesien Rosa se oë is oop en sy toon duidelike tekens van lewe. 

“Sy het haar oë oopgemaak en sy het gesweet,” sê Juan Segundo Cajo, opsigter van die begraafplaas in die Chiclayo-provinsie van Peru. “Ek het dadelik na my kantoor gegaan en die polisie gebel.” 

Sy is in haar doodskis na die Ferreñafe-hospitaal in die omgewing geneem. Daar het dokters bevestig Rosa toon inderdaad tekens van lewe – al was dit ook effentjies.

Hulle het haar aan ’n lewensondersteunende masjien gekoppel en haar toestand het effens verbeter. 

Rosa Isabel Cespedes Callaca.
Rosa Isabel Cespedes Callaca. Foto: CEN/Magazinefeatures.co.za

Maar sy is ’n paar uur later dood. Haar familielede het hul woede daaroor uitgespreek dat sy in die eerste plek dood verklaar en vir die begrafnis oorhandig is. 

“Ons wil weet hoekom my niggie gister gereageer het toe ons haar gevat het om te begrawe,” sê ’n tante van haar. “Ons het video’s waarin sy aan die kis druk en raak.”

Die familie vermoed hul familielid was eintlik in ’n koma toe sy die eerste keer dood verklaar is. 

Rosa is na die hospitaal gejaag toe hulle ontdek d
Rosa is na die hospitaal gejaag toe hulle ontdek dat sy steeds lewe. Foto: CEN/Magazinefeatures.co.za

Die polisie probeer nou vasstel of personeel by die Lambayeque-hospitaal, waar sy aanvanklik behandel is, haar sonder behoorlike hersiening ontkoppel, dood verklaar en na die lykshuis gestuur het.

  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot’ se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”.
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!  


Jongste uitgawe

19 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees