Vrou na hospitaal gejaag ná passievolle sessie byna haar lewe kos

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Amerikaanse vrou van 45 se liefdesdaad met haar man was amper dodelik.
kussings
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die vrou, wie se identiteit nie bekendgemaak is nie, het ’n plofsensasie en pyn naby haar hart gevoel terwyl sy ’n klimaks bereik het met haar bene teen haar bors vasgedruk. Sy is hospitaal toe gehaas. 

“Die pasiënt het dit as ’n skerp steekpyn beskryf en dit het met kortasemheid en naarheid gepaard gegaan,” staan in ’n verslag wat in die American Journal of Case Reports gepubliseer is. Dit blyk in ’n oomblik van passie het ’n skeur in die binnewand van haar aorta ontwikkel en bloed tussen die binneste en buitenste slagaarwande laat lek en vloei.

Die aorta is die grootste slagaar in die liggaam en dit vervoer bloed na die res van die liggaam. Dít is vasgestel nadat skanderings geneem is en aktute aortasindroom (AAS) by haar gediagnoseer is.

Die toestand ontstaan wanneer ’n aortawand mettertyd weens hoë bloeddruk verswak. “Met haar aankoms het sy oormatig gesweet en ’n hoë bloeddruk van 220/140 mmHg gehad,” verduidelik die verslag.

Ideale bloeddruk word as tussen 90/60 mmHg en 120/80 mmHg beskou. As die verswakte aortawand onbehandeld gelaat is, kon dit later tot ’n skielike dodelike volledige skeur van die slagaar gelei het. So ’n voorval eis die lewe van sowat 40% mense wat dit ervaar. 

“AAS het ’n hoë sterftekoers, wat beskryf word as ’n toestand wat met 1% toeneem vir elke uur wat ’n pasiënt nie behandel word nie en tot 22% van gevalle is ongediagnoseerd op die tyd van sterfte. Dit dui op ’n behoefte aan vinnige herkenning en behandeling,” lui die verslag.  

Die pasiënt, van die Amerikaanse deelstaat Mississippi, het ’n geskiedenis van onbehandelde hoë bloeddruk en het 17 jaar lank ses tot sewe sigarette per dag gerook. Sowel hoë bloeddruk as rook word as basislyn-risikofaktore vir dié toestand beskou. Vyf uur oefening per week is nodig “om hoë bloeddruk te vermy”.

’n Nuwe studie dui daarop dat om aan die minimum oefeningriglyne te voldoen, nie genoeg is om die kans te verminder om hoë bloeddruk te ontwikkel nie. Volgens die verslag was sy gelukkig sy het nie chirurgie nodig gehad nie. Sy is aan ’n drup gekoppel en het mondelikse medisyne gekry om haar bloeddruk te verlaag. Sy is ná drie dae uit die hospitaal ontslaan. 

Dié toestand kom algemener onder mans voor, veral terwyl hulle seks het met iemand waarmee hulle iemand anders verkul, seks het met ’n prostituut of terwyl hulle masturbeer. 

“Die risiko vir skielike hartdood tydens seks het ’n korrelasie met ontrouheid, wat ’n versterkte of onvoorsiene emosionele respons kan ontlok en ’n mens vatbaarder vir AAS of skielike hartdood maak,” lui die verslag. 

Nog vreemde en pynlike seksbeserings wat mense by die noodeenheid laat beland het:

  • ’n Amerikaanse brandbestryder se 30ste verjaardagpartytjie het ’n interessante wending geneem toe sy kaak gesluit het terwyl hy ’n volwasse speelding in sy mond gehad het. Die speelding het sy asemhaling belemmer. 
  • ’n Vrou van Los Angeles het in die noodeenheid beland nadat sy in bulte uitgeslaan het terwyl sy seks gehad het. Dit blyk toe haar kêrel het waatlemoen aan sy penis gesmeer, want hy het gehoor dit is ’n prikkelmiddel. Ongelukkig was sy maat uiters allergies vir die vrug. 
  • ’n Ander Amerikaanse vrou se eierstoksist het tydens seks gebars en haar baarmoederwand laat skeur. Dit het ondraaglike pyn veroorsaak wat haar laat opbring het. Die sist is laparoskopiese verwyder. 

Bronne: amjcaserep.com, dailymail.co.uk, healthline.com, nypost.com, reddit.com

  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot’ se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”. 
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in


Jongste uitgawe

29 September 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in