Só sê Chantal Cloete nadat haar man, Len (59), Saterdag by ’n gastehuis in Muldersdrift deur ’n polisielid in die kop geskiet is.
Len is tans in ’n koma in ’n hospitaal in Krugersdorp. Sy toestand is kritiek, maar stabiel.
’n Video van die voorval is wyd op sosiale media gedeel waar Len in ’n hewige onderonsie met die polisie betrokke is en later deur een van die polisiebeamptes in die kop geskiet word.