As kind was sy skaam, want sy het nie geweet hoe om haar veltoestand vir haar maats te verduidelik nie. Hulle het gedink dit is aansteeklik.
Anita het by dokters van dermatoloë tot allergiespesialiste geboer om haar ekseem met versagtende, steroïed-, antifungale en immuunonderdrukkende rome, steroïedpille, antibiotika en antihistamiene in bedwang te hou.
Daarby het Anita natuurlike rate beproef – wat telkens net ’n rukkie gewerk het voor die ekseem met mening terug was.