Vrou se lang naels laat ander staar: ‘Dis ’n leefstylkeuse wat baie tyd verg’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Vrou wie se natuurlike naels vyf sentimeter lank is, sê mense “staar en fluister” wanneer sy in die openbaar is.
Habba wys haar naels. Foto: Magazine Features/Cate
Habba wys haar naels. Foto: Magazine Features/Caters News

Hebba Nour El Din (37) van Kopenhagen, Denemarke, laat groei die afgelope drie jaar haar naels.

Hebba het haar indrukwekkende naels so lank laat groei deur dit een keer ’n maand te vyl, water te vermy deur latekshandskoene te dra, en sy druk haar naelvliesies sagkens terug en wend een keer per week ’n basislaag aan.

Maar hoewel sy versot is op haar lang naels, staar vreemdelinge dikwels na haar wanneer sy uitgaan en word sy gedurig gevra of dit eg is of nie.

Hebba Nour El Din. Foto: Magazine Features/Caters
Hebba Nour El Din. Foto: Magazine Features/Caters News

“My naels is tussen 3,3 cm en 5,3 cm; dit groei teen verskillende tempo’s en daarom is sommige langer as ander,” sê Hebba, wat as ekstra in die televisiebedryf werk.

Haar naels word een keer 'n maand geveil. Foto: Ma
Haar naels word een keer 'n maand geveil. Foto: Magazine Features/Caters News

“Dis ’n voltydse werk om my naels te versorg – dis ’n leefstylkeuse en iets wat baie tyd verg as jy besluit om dit te doen.

“Ek het agt jaar gelede my naels laat groei, maar besluit om dit te knip en ’n blaaskans te vat, en toe ’n paar jaar terug besluit om dit weer te laat groei.

Haar naels word een keer 'n maand geveil. Foto: Ma
Haar naels word een keer 'n maand geveil. Foto: Magazine Features/Caters News

“Ek het van kleins af lang naels bewonder en gedink dis baie elegant en vroulik, en ek voel alle vroue moet lang naels hê.

“Ek kry beslis baie reaksies wanneer ek in die openbaar is; mense staar en fluister onder mekaar en baie mense vra of dit vals is wanneer ek naellak dra.

“Mense is beïndruk met die lengte van my naels en vra altyd of dit breek en hoe ek my lewe met sulke lang naels lei.

“Die naels kan soms ’n las wees, maar daar is niks wat ek nie kan doen nie – dit mag my dalk net ’n bietjie langer neem as iemand met normale lengte naels!”

Hebba is ’n selfopgeleide naelkunstenaar en hou daarvan om haar naels te laat groei sodat sy meer plek het om te verfraai, maar sy het ’n streng roetine om die lengte te handhaaf.

Hebba is 'n naelkunstenaar wat daarvan hou om met
Hebba is 'n naelkunstenaar wat daarvan hou om met haar lang naels te eksperimenteer. Foto: Magazine Features/Caters News

“Naelkuns is ’n verlenging van myself en my persoonlikheid, en ek is mal daaroor om myself deur kleure en verskillende motiewe en patrone uit te druk.

“Dis ’n vorm van uitdrukking waarvan ek nie genoeg kan kry nie.”

Hebba is 'n naelkunstenaar wat daarvan hou om met
Hebba is 'n naelkunstenaar wat daarvan hou om met haar lang naels te eksperimenteer. Foto: Magazine Features/Caters News

“Danksy my gene is ek is met sterk naels gebore, maar my beste raad vir enigeen wat hul naels wil laat groei, is om weg te bly van water.

“Ek dra latekshandskoene wanneer ek die skottelgoed was of met water werk.

“Nadat ek my naellak verwyder het, wend ek ’n basislaag aan om as beskermende lagie te dien en ek vyl dit in die skerp vorm waarvan ek hou.”

Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees