“Dit is vandag ’n jaar. Net om te dink, gister, 366 dae gelede, het ek my kind die laaste keer kon vashou. As ek dit geweet het, het ek hom styf teen my vasgedruk en hom nooit laat gaan nie.”
Só vertel Arina van Kestell in die Oos-Vrystaat op die eerste herdenking van haar rooikoptienerseun se dood.
Herman het op Sondag 19 Julie verlede jaar sy eie lewe geneem. Hy was 12 jaar oud.