In die 11de aflewering van die tweede seisoen van Huisgenoot se werklikheidsreeks Huisgenoot: Ware Lewensdramas, wat op 25 Oktober op VIA uitgesaai word, herbesoek ons die moord op die Van Breda’s van Stellenbosch.
In Junie vanjaar het regter Siraj Desai Henri van Breda drie keer lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op sy pa, Martin (54), ma, Teresa (55), en ouboet, Rudi (22). Hy dien tans sy vonnis in die Drakenstein-gevangenis naby die Paarl uit.
Teresa van Breda se suster verbreek die familie se stilte en vertel vir Hilda van Dyk van Henri en Marli se lewe voor en ná die groot tragedie.