Ware lewensdramas: Die dag toe Baba Mienke haar stryd verloor het

akkreditasie
Op 25 Augustus 2017 het Verna en Ryno Mulder hul grootste nagmerrie beleef toe hul dogter Mienke by haar dagsorg aan melk verstik en ophou asemhaal het. Vanaand in 'Huisgenoot: Ware lewensdramas' om 21:00 op VIA (DStv-kanaal 147) herbesoek ons weer die moeilike pad wat die Mulder-gesin moes loop.
Baba Mienke: ‘Dag waarvoor ons bang was het gekom,’ sê pa – Carla Coetzee, huisgenoot.com 17 September 2020
Klein Mienke Mulder (3) se pa, Ryno, vertel sy jongste dogter was reeds dood toe hy Woensdagoggend by haar aankom.

“Ek het die oggend net na haar toe geloop, en toe ek by haar kom, was sy stil. So asof sy net opgehou asemhaal of haar hartjie gaan staan het. Maar sy was so rustig, haar handjies ontspanne en vreedsaam,” sê hy.

Ryno vertel hul oudste dogter, Leané (7), was reg agter hom toe hy op Mienke afkom. “So ek moes my pose hou en het toe rustig na Verna toe geloop en net gesê: ‘Lief, vandag is daai dag waarvoor ons bang was,’” vertel hy.

In 2017 het Mienke se storie die land aangegryp, en sedertdien volg duisende mense haar vordering. Die klein donkerkopmeisie was maar agt maande oud toe sy by haar dagsorg in Mbombela aan haar melk verstik het.

Vir byna 15 minute het dokters destyds gespook om die klein lyfie te kry om weer asem te haal.

 Baba Mienke is weer in die hospitaal. Foto: Facebook
Baba Mienke is weer in die hospitaal. Foto: Facebook

Mienke het egter erge breinskade gehad omdat sy so lank sonder suurstof was. Sy kon eindelik glad nie praat of mooi sluk nie en ook nie loop nie. Tog het haar gesin die klein vorderings gevier. Soos die eerste keer toe Mienke weer glimlag en toe lag. Hoe Mienke opgewonde raak wanneer een van haar gunstelingliedjies speel . . .

Die huldeblyke het ingestroom op die Facebook-blad Please Pray for Mienke en haar ouers se persoonlike Facebook-profiele.

Marise Groenewald sê: “Ek het nie woorde nie; geen ouer verdien dié hartseer nie. Sy het werklik tot die einde geveg. Ek lees die boodskappe gister van almal wat Mienke se storie gevolg het. Dat so ’n klein mense so ’n groot impak kon hê op mense se lewens. Fly high little angel, jy is nou vry.”

Foto's: Facebook
Foto's: Facebook

Ryno sê die gesin is gedaan. “Gister was hier seker 200 mense deur ons huis. Vandag moet ons met die begrafnisreëlings begin,” sê hy.

Hy sê dit gaan swaar met die gesin maar “ons sal hierdeur kom”.

Die gebroke Verna het by ’n reeks foto’s van Mienke, waar sy gelukkig lyk en oopmond lag, geskryf: “How do we do it without you, Mienks?”

Verna en Ryno se ouer dogters, Zamoné (4) en Leané (7), was Woensdagoggend by toe die gesin tot siens gesê het vir Mienke.

Mienke (middel) saam met haar sussies, Zamoné (lin
Mienke (middel) saam met haar sussies, Zamoné (links) en Leané. Foto: Facebook

“Ek dink net Leanétjie verstaan, en Zammie het ’n paar uitbarstings gister gehad, maar ons sal hierdeur kom. Ons waardeer almal se ondersteuning,” sê Ryno.

Die gesin sal vandag die reëlings vir Mienke se begrafnis tref en vra ruimte en privaatheid om die gebeure te verwerk.

  • Huisgenoot: Ware lewensdramas word Maandae om 21:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai.
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees