’n Opspraakwekkende verhoor het die land aangegryp, en haar destydse kêrel, Fred van der Vyver, is eindelik vrygespreek.
Meer as 16 jaar later spook die moordraaisel steeds by Suid-Afrikaners, en ’n nuwe News24-podcast, The Inge Lotz Story – A Miscarriage of Justice, laat mense opnuut gons: Wie het die briljante Inge vermoor?
Huisgenoot het oor die jare verskeie aspekte van die saak gevolg, gedek en in diepte daaroor berig.