Al flonker daar in die Kerstyd oral liggies, hou die feesdae vir haar donker herinnerings in. Want in dié tyd dink sy altyd aan haar ongebore dogtertjie vir wie daar nooit geskenke onder die boom sal wees nie.
Boonop sal Kersfees 2020 selfs moeiliker as vorige jare vir Melissa Dyer wees. Tydens die inperking is sy ná ’n huwelik van 10 jaar geskei en moes sy onlangs die man wat destyds haar lewe verwoes het weer in die gesig staar; die man wat meer as 14 jaar gelede, op Valentynsdag 2006, hul ongebore baba in haar maag laat doodskiet het.