Mike the Headless Chicken was ’n hoender in Colorado, VSA, wat in 1947 ’n volle 18 maande lank aanhou lewe en rondhardloop het nadat sy kop afgekap is. Vermoedelik het die byl ’n deel van sy breinstam gemis en het van sy basiese lewensfunksies behoue gebly. (Hoe sy eienaar hom gevoer het, is ’n storie vir ’n ander dag.)
In 2010 was daar in China ’n verkeersknoop wat 100 km ver gestrek het. Baie van die bestuurders het vertel dit het hulle tot vyf dae geneem om uit die verkeersknoop los te kom.
In die Tweede Wêreldoorlog het die Britte probeer om plofbare rotte te bou: Hulle wou rotkarkasse vol plofstof stop, dit rondom Duitse krygsaanlegte los en wag dat die Duitsers die dooie rotte probeer verbrand en dan ontplof.