Dié vroue was woedend nadat hulle geflous is om rokke te koop wat glad nie lyk soos dié wat aanlyn geadverteer is nie.
Talle woedende kopers het op ’n Facebookblad – Knock Off Nightmares – aaklige foto’s gedeel van hul trourokke, matriekafskeidrokke en somerrokke wat glad nie lyk soos die items wat hulle aanlyn gesien het nie.
“Die doel van hierdie blad is om vroue in te lig wat dalk afgelewer kan word as hulle items op ’n webtuiste met nagemaakte items bestel,” lui ’n waarskuwing op die blad.