Weduwee kry verkeerde lyk in haar man se kis – by sy begrafnis

akkreditasie
’n Weduwee was stomgeslaan toe sy ’n onbekende lyk in haar dooie man se klere by sy begrafnisdiens in Rusland ontdek.

Die vrou, wat 18 jaar lank getroud was met haar man, Ernst Galimof, voor hy op 50 aan ’n langtermyn siekte dood is, was verstom toe sy die liggaam van ’n vreemdeling in die plek van haar geliefde man by die begraafplaas in Tsjeljabinsk in die suide van Rusland ontdek.

Volgens die plaaslike media het Ernst aan langtermyn nierprobleme gely en was hy vir die afgelope sewe jaar van sy lewe aan ’n dialisemasjien gekoppel. “Ek het die begrafnis alleen gereël, want my man se ouers is oud en hulle het op my staat gemaak,” het sy weduwee, Svetlana Galimowa, gesê. 

Svetlana
Svetlana Galimov. Foto: CEN/MagazineFeatures.co.za

“Ek sou nooit kon raai dat so ’n verskriklike fout met my sou gebeur nie. 

“Ons het by die begrafnisdiens aangekom en ek het gekyk na sy klere en die kis, maar toe sien ek dis ’n heel ander mens!”

Svetlana sê hulle het kort voor haar man se dood sy hare gesny en dat hy ten tyde van sy dood baie maer was. Die liggaam in die kis was ’n mollige liggaam met grys krulhare.

Ernst
Kort voor Ernst se dood het hulle sy hare gesny, maar die man in die kis het heeltemal anders gelyk. Foto: CEN/MagazineFeatures.co.za

Die weduwee het gekla by die begrafnispersoneel en ’n werker en het toe die etikette nagegaan om te bevestig of die liggame omgeruil is.

Volgens die plaaslike media het werknemers Ernst se liggaam aangetref en vinnig die klere verander om voort te gaan met die diens.

Volgens die weduwee het die begraafplaas haar die volgende dag gebel en verskoning gevra en ’n personeellid het ook in die sosiale media jammer gesê en erken hulle het die liggame omgeruil.

Ernst
Svetlana en Ernst was vir 18 jaar getroud. Foto: CEN/MagazineFeatures.co.za

Dis onduidelik of die weduwee regsaksie teen die begrafnismaatskappy oorweeg.

Jongste uitgawe

7 Julie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees