Net drie weke gelede is Milissa, ’n haarkapper van Centurion, en haar twee dogtertjies, Zaylee (3) en Zané (18 maande), se lewens omvergewerp.
Al hul besittings is in ’n huisbrand verwoes en nie eens ’n teelepel het oorgebly nie.
Sy het voorheen vertel daar was beurtkrag en ’n brandende kers het die brand veroorsaak toe sy aan die slaap geraak het.