‘Wêreld se kleinste baba’ tuis ná meer as jaar in hospitaal

akkreditasie
Kwek Wee Liang en Wong Mei Ling met hul kleinding, Yu Xuan. Foto: Facebook/National University Hospital
Kwek Wee Liang en Wong Mei Ling met hul kleinding, Yu Xuan. Foto: Facebook/National University Hospital

Teen net 212 gram is Yu Xuan as die kleinste vroeggebore baba ter wêreld beskou toe sy op 9 Junie verlede jaar haar opwagting by Singapoer se National University Hospital (NUH) gemaak het. Sy is op skaars 25 weke, sowat vier maande te vroeg, gebore. Die piepklein mensie was toe skaars 24 cm lank.

Selfs ’n ervare verpleegster soos Zhang Sue moes weer ’n slag kyk toe die kleinding in die NUH se neonatale waakeenheid aankom. “Ek was so geskok dat ek ’n professor by ons gevra het of hý dit kon glo. In my 22 jaar as verpleegster het ek nog nie naastenby so ’n klein vroeggebore baba gesien nie,” het sy aan The Strait Times vertel.

Yu Xuan het eindelik 13 maande van intensiewe hospitaalbehandeling ondergaan. Sy was weke lank aan ’n ventilator en verskeie ander masjiene gekoppel, en ’n menigte behandelings is ingespan om haar te help oorleef. Sy is verlede maand ontslaan nadat haar ouers die nodige tuissorg-opleiding ontvang het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees