Hy is verlede Sondag op die dorpie Dejgah in die suide van Iran dood. Amou het geglo dat as hy was, sou dit vir hom ongeluk bring en hy sou siek word.
?? 'World's dirtiest man' dies at 94 shortly after taking a bath
— Telegraph World News (@TelegraphWorld) October 25, 2022
Iranian Amou Haji had for decades avoided eating fresh food and showering over fears of getting sick
Thread ??https://t.co/eWCRY5faoa pic.twitter.com/P0cuXWFNfq
Amou was onlangs opnuut in die nuus oor hy byna 68 jaar gelede laas gebad het. Sy leefstyl het mense so verstom dat wetenskaplikes hom besoek het om vas te stel hoe hy so lank geleef het sonder om ernstig siek te word.
Hy het die kenners glo verstom met sy kennis oor die voor- en nadele van die Franse Rewolusie en die impak van die Russiese Rewolusie.
Maar in die mediese toetse het die wetenskaplikes – waaronder ’n professor van parasitologie – bevind dat hy net een keer in sy lewe ’n asimptomatiese infeksie opgedoen het.
Boonop het Amou geleef van vuil water uit poeletjies en diere wat dood langs die pad gekry is. Sy gunsteling was glo vrot ystervark. Hy het ook pyp gerook gevul met dieremis.
Plaaslike bronne sê dat ’n groep inwoners ’n paar maande gelede besluit het genoeg is genoeg, en het Amou toe in ’n bad gedruk. Dit is nie bekend wanneer hy siek geword het nie.
‘World’s dirtiest man’ dies in Iran at 94 a few months after first wash. Amou Haji’ who did not bathe for 50yrs and ate roadkill and smoked pipe filled with animal excrement.Amou Haji an endearing nickname for an elderly person, died on Sunday in the village of Dejgah. pic.twitter.com/QKpNWIj6Ug
— Mr. Kyunda (@Iamzsekk92) October 25, 2022
Met Amou se afsterwe kan die titel van vuilste man ter wêreld nou na die Indiër Kailash Singh gaan.
In 2011 het die Daily Mail berig dat die boorling van die heiligste stad Varanasi sedert 1974 nog glad nie gewas of sy hare gesny het nie.
’n Priester het na bewering gesê dat om nie te was of hare te sny nie, sou aan Kailash ’n seun en erfgenaam besorg. Ten tye van Daily Mail se destydse artikel het hy al 37 jaar lank nie gewas nie.
Kaula, soos hy bekendstaan, was voorheen ’n skaapherder en het geglo in ’n vuurbad, waar hy elke aand dagga gerook, om ’n vuur gedans en tot die Hindoe-god Shiva gebid het.
“Dis net soos om water te gebruik om te bad. ’n Vuurbad help om van al die kieme en infeksies in die liggaam ontslae te raak,” het hy destyds aan die Hindustan Times gesê. Sy vrou het toe vertel dat hy die hasepad kies elke keer as hulle hom wil bad.
Bronne: The Guardian, Daily Mail, Washington Examiner