Maar as jy hom eers het, staan die rykes en beroemdes tou. Vra vir Thinus van der Westhuizen (33), wat onlangs die vierde Suid-Afrikaner geword het wat ’n Michelin-ster gekry het.
Thinus, ’n Pretorianer, is die hoofsjef van 99 Sushi Bar in Abu Dhabi. Dis sy bemeestering van dié Japannese koskuns wat die beoordelaars beïndruk het.
In ’n video-onderhoud met Huisgenoot uit die restaurant vertel Thinus hulle het ’n besige naweek agter die rug danksy die Formule 1-Grand Prix. “Ons het Pep Guardiola (die afrigter van die Manchester United-sokkerklub), Steve Harvey (die akteur) en Pharrell Williams (die Amerikaanse rapper en platevervaardiger) hier gehad,” vertel hy.